Die Tadjiks (Dari: تاجيک, Tājīk; Tadjiks: Тоҷик), ook Tadjikse Perse genoem, is 'n Iranneseetniese groep inheems aan Tadjikistan, Afghanistan en Oesbekistan. Hulle vorm die titulêre nasie van Tadjikistan, waar hulle sowat 90% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Tadjiks, 'n Irannese taal, as moedertaal. Die Tadjiks vorm naas die Oesbeke die tweede grootste etniese groep in Sentraal-Asië. Ander benamings sluit in Fārsī ("Perse"), Fārsīwān ("Persies-sprekers") en Dīhgān (letterlik "boer" of "gevestigde dorpenaar").[13]
Tadjiks vorm naas Pasjtoene (42%) die tweede grootste etniese groep in Afghanistan (27%) asook naas Oesbeke (80%) en Russe (5,5%) die derde grootste etniese groep in Oesbekistan (5%). Naas Tadjiks leef nog 'n minderheid van omtrent 1 miljoen Oesbeke (14%) in Tadjikistan. Tadjikse minderhede leef in lande soos Pakistan (220 000) en Rusland (201 000).
Wêreldwyd leef tussen 16 en 20 miljoen Tadjiks, waarvan tussen 9,5 en 11,6 miljoen in Afghanistan, 6,8 miljoen in Tadjikistan en 1,4 miljoen in Oesbekistan. In die Volksrepubliek China behoort die Tadjiks tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke, Kasakke en Kirgisiërs.[15][16]
↑(en) Country Factfiles. — Afghanistan, bl. 153. // Atlas. Fourth Edition. Editors: Ben Hoare, Margaret Parrish. Publisher: Jonathan Metcalf. First published in Great Britain in 2001 by Dorling Kindersley Limited. London: Dorling Kindersley, 2010, 432 bladsye. ISBN 978-1-4053-5039-6 "Population: 28.1 million
↑(en) M. Longworth Dames, G. Morgenstierne en R. Ghirshman (1999). "AFGHĀNISTĀN". Encyclopaedia of Islam (CD-ROM Edition v. 1.0). Leiden, Nederland: Koninklijke Brill NV.
↑(en) Lena Jonson, Tajikistan in the new Central Asia, (I.B.Tauris, 2006), 18.