Tarimrivier | |
---|---|
Die stroomgebied van die Tarimrivier. | |
Oorsprong | Saamvloei van Aksu, Yarkant en Kaxgar, naby Aksu, Xinjiang |
Monding | Kara Buran Köl en in die Lop Nor-woestyn |
Stroomgebied | Xinjiang, Volksrepubliek China |
Lengte | 2 030 km (1 260 myl)[1] |
Gemiddelde afloop | 920 m/s³ |
Stroomgebiedopp. | 951 500 km² |
Die Tarimrivier (Chinees: 塔里木河, Tǎlǐmù Hé; Oeigoers: تارىم دەرياسى, Tarim Däryasi) is 'n groot oos-vloeiende rivier in die weste van die Volksrepubliek China. Die rivier, met 'n lengte van 2 030 km, is die grootste rivier in die Chinese outonome gebied Xinjiang en die langste rivier in Sentraal-Asië. Die naam van die Sentraal-Asiatiese Tarimbekken tussen die Tiensjan- en die Kunlun-gebergtes is van die Tarimrivier afgelei.
Die Tarimrivier ontstaan deur die saamvloei van die riviere Aksu, Yarkant en Kaxgar, naby Aksu, Xinjiang. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting in die Tarimbekken deur die noordelike deel van die Taklamakanwoestyn. Die Tarimrivier eindig in die oostelike deel van die Tarimbekken. Hier verloor die rivier water deur verdamping, infiltrasie en ontslag in besproeiingskanale.