Tegnesium

43 molibdeentegnesiumrutenium
Mn

Tc

Re
Algemeen
Naam, simbool, getal tegnesium, Tc, 43
Chemiese reeks oorgangsmetale
Groep, periode, blok 7, 5, d
Voorkoms metaalgrys
Atoommassa 98 g/mol g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d5 5s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 13, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 11.5 g/cm³
Smeltpunt 2430 K
(2257 °C)
Kookpunt ~5200 K
(~4927 °C)
Smeltingswarmte 24 kJ/mol
Verdampingswarmte 660 kJ/mol
Sp. warmtekapasiteit (25 °C) 210 J/(kg·K)
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur heksagonaal
Strukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 2, 4, 5, 6, 7
(sterk suur oksied)
Elektronegatiwiteit 1,9 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 702 kJ/mol
2de: 1470 kJ/mol
3de: 2850 kJ/mol
Atoomradius (ber.) 135 pm
Kovalente radius 156 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking paramagneties
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 50,6 W/(m·K)
CAS-registernommer 7440-26-8
Vernaamste isotope
Isotope van Tegnesium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
97Tc sin 2,6×106 j e 0,320 97Mo
98Tc sin 4,2×106 j β- 1,796 98Ru
99Tc sin 211,100 j β- 0,294 99Ru
Portaal Chemie

Tegnesium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Tc en atoomgetal van 43. Die chemiese eienskappe van hierdie silwergrys, radio-aktiewe, kristallyne oorgangsmetaal lê iewers tussen renium en mangaan. Die isotoop met die kortste leeftyd, Tc-99m, word gebruik in die kerngeneeskunde om sekere soorte kankers mee te diagnoseer. Tc-99 word gebruik as 'n gammastraalvrye bron van betastrale en sy pertegnaat-ioon kan moontlik gebruik word as korrosieweerder in staal (hierdie gebruik word egter beperk vanweë tegnesium se radio-aktiwiteit).

Dmitri Mendelejef het baie van die eienskappe van element 43, wat hy ekamangaan genoem het, lank voor die ontdekking daarvan voorspel. In 1925 het Ida Tacke-Noddack, Walter Noddack en Otto Carl Berg beweer dat hulle element 43 ontdek het. Hulle het dit "masurium" genoem.[1] Later het wetenskaplikes dit egter nie kan bevestig nie. In 1937 was die isotoop Tc-97 die eerste element wat kunsmatige vervaardig word, vandaar die naam (vanuit die Griekse technètos, wat kunsmatig beteken). Die meeste tegnesium wat op aarde geproduseer word, is 'n neweproduk van die fisie van uraan-235 in kernreaktore en word onttrek vanuit die kernstawe. Geen isotoop van tegnesium het 'n halfleeftyd van langer as 4.2 miljoen jaar (Tc-98) nie, dus het die waarneming daarvan in rooi reuse in 1952 die teorie ondersteun dat sterre ook swaarder elemente kan vervaardig. Op aarde kom tegnesium slegs natuurlik in uraanerts as 'n produk van spontane fisie voor; die hoeveelhede is uiters klein, maar die teenwoordigheid is nogtans vasgestel.

  1. royal society.

Developed by StudentB