Televisie (TV) is 'n telekommunikasiestelsel vir uitsaai en ontvangs van bewegende prente in monochroom (swart-en-wit), of in kleur, en klank oor 'n afstand oor te dra. Die term kan verwys na 'n televisiestel, 'n televisieprogram of die medium van televisie-transmissie. Televisie is 'n massamedium vir advertensies, vermaak en nuus.
Televisie het in die laat 1920's in eksperimentele vorme beskikbaar geword, maar dit sou nog 'n paar jaar duur voordat die nuwe tegnologie aan verbruikers bemark sou word. Na die Tweede Wêreldoorlog het 'n verbeterde vorm van swart-en-wit TV-uitsendings in die Verenigde State en Brittanje gewild geword en televisiestelle het alledaags geword in huise, ondernemings en instellings. Gedurende die 1950's was televisie die primêre medium om die openbare mening te beïnvloed. [1] In die middel van die 1960's is kleuruitsendings in die VSA en die meeste ander ontwikkelde lande bekendgestel. Die beskikbaarheid van verskeie soorte argiewe, soos Betamax- en VHS-videobande, hoëkapasiteit-hardeskywe, DVD's, geheuestokkies, hoëdefinisie- Blu-ray-skywe en digitale video-opnemers het kykers in staat gestel om vooraf-opgeneemde materiaal soos films tuis te kyk, na gelang van hul eie tydskedule. Om verskeie redes, veral die gerief van eksterne berging, vind die berging van televisie- en video-programmering nou in die wolk plaas. Aan die einde van die eerste dekade van die 2000's het digitale televisieuitsendings baie gewild geword. 'n Ander ontwikkeling was die skuif van standaard-definisie-televisie (SDTV) ( 576i, met 576 verweefde resolusielyne en 480i) na hoë-definisie-televisie (HDTV), wat 'n aansienlike hoër resolusie bied. HDTV kan in verskillende formate oorgedra word: 1080p, 1080i en 720p. Sedert 2010, met die uitvinding van slimtelevisie, het internet-televisie die beskikbaarheid van televisieprogramme en films via die internet verhoog via videodienste soos Netflix, Amazon Video, iPlayer en Hulu.
In 2013 het 79% van die wêreld se huishoudings 'n televisiestel besit.[2] Die vervanging van die vroeë lywige katodestraalbuisskerm met kompakte, energie-doeltreffende, platskerm alternatiewe tegnologieë soos fluoresserende en liguitstralende diode (LED) en plasmaskerms was 'n rewolusie wat in die laat negentigerjare met rekenaarmonitors begin het. Die meeste TV-stelle wat in die 2000's verkoop is, was platskerm, hoofsaaklik LED's. Groot vervaardigers het aangekondig dat die CRT-, DLP-, plasma- en selfs fluoresserende-verligte LCD's teen die middel van die 2010's gestaak word.[3][4] In die nabye toekoms word verwag dat LED's geleidelik deur organisies liguitstralende diodes (OLED's) vervang word.[5] Groot vervaardigers het ook aangekondig dat hulle in die middel van die 2010's toenemend slim-TV's gaan vervaardig.[6][7][8] Slim-TV's met geïntegreerde internet- en Web 2.0- funksies het teen die laat 2010's die dominante vorm van televisie geword.[9]
Televisieseine is aanvanklik slegs as aardtelevisie versprei met behulp van hoë-aangedrewe radiofrekwensiesenders om die sein na individuele televisie-ontvangers uit te saai . Alternatiewelik word televisieseine versprei deur middel van koaksiale kabel of optiese vesel, satellietstelsels en, sedert die 2000's, via die internet. Tot die vroeë 2000's is dit as analoogseine oorgedra, maar die oorgang na digitale televisie is wêreldwyd byna voltooi. 'n Standaard televisiestel bestaan uit veelvuldige interne elektroniese stroombane, insluitend 'n ontvanger vir die ontvangs en dekodering van uitsendingsseine. 'n Visuele vertoonapparaat wat nie 'n ontvanger het nie, word 'n videomonitor eerder as 'n televisie genoem.