Historiese sentrums van Meksikostad en Xochimilco* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
'n Model van die Asteekse hoofstad Tenochtitlan op die gebied van die huidige Meksikostad | |
Ligging van Tenochtitlan in Meksiko | |
Koördinate: 19°26′00″N 99°08′00″W / 19.43333°N 99.13333°W | |
Lande | Meksiko |
Tipe | Kultuur |
Kriteria | ii, iii, iv, v |
Verwysings | 412 |
Streek† | Noord-Amerika |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (20ste Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Tenochtitlan (Nahuatl: Tenōchtitlan, [te.noːʧ.'ti.tɬan]; letterlik: "Stad van Ténoch"; Spaans: [ˈmexiko tenotʃˈtitlan], ) was van die 14de eeu tot 1521 die hoofstad van die Asteke, totdat dit deur Spaanse conquistadores onder Hernán Cortés verower en vernietig is.
Vermoedelik het die stad aan die begin van die 16de eeu 'n bevolking van meer as 100 000 gehad en was dus die grootste stad van die Amerikas en een van die grootste stede wêreldwyd. Die Meksikaanse hoofstad Meksikostad is op die ruïnes van Tenochtitlan herbou. Die paar oorblywende ruïnes in die moderne stadsentrum is in 1987 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.