Tobie Muller

Tobias Ballot Muller
Dr. Tobie Muller
Dr. Tobie Muller

Naam Tobias Ballot Muller
Geboorte 13 Augustus 1884
George, Kaapkolonie
Sterfte 25 Oktober 1918
Philippolis, Oranje-Vrystaat
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Stellenbosch, Philippolis
Jare aktief 1914–1918
Kweekskool Kweekskool, Universiteit Stellenbosch

Dr. Tobias Ballot Muller (noemnaam Tobie, George, 13 Augustus 1884Philippolis, 25 Oktober 1918) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n Afrikaanse taalstryder.

Dr. Tobie Muller was 'n inspirerende studenteleier op Stellenbosch en 'n kampvegter vir Afrikaans. Hy was die eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalvereniging (ATV) in die Eikestad. Nadat hy in 1909 na Europa vertrek het, het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Utrecht verwerf. Sy proefskrif, De kennisleer van het Anglo-Amerikaansch pragmatisme (1913), is van belang vir die geskiedenis van die filosofie in Suid-Afrika.[1] In Oktober 1913 het hy 'n belangrike lesing gelewer, Die geloofsbelydenis van 'n Nasionalis, wat deur die ATV versprei is. In dié tyd het Muller hom vurig vir sy volk se regte begin beywer en 'n Afrikaanse maandblad, Ons Moedertaal, opgerig',[2] waarvan hy redakteur geword het. (Dit is kort daarna by die Huisgenoot ingelyf.) Hy was 'n voorstander van die Afrikaanse Bybelvertaling en was lid van die eerste kommissie wat vir dié doel aangestel is. In 1916 het Muller 'n beroep na die NG gemeente Philippolis aangeneem, waar hy algemene sekretaris van die ATV gebly het tot aan sy dood twee jaar later.

  1. (en) C.F.J. Muller in Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  2. Afrikaans hou aan groei en bly altyd vars, Beeld, 14 Augustus 2013.

Developed by StudentB