| |||||
Nasionale leuse: Travail, Liberté, Patrie[1] (Frans vir: "Werk, Vryheid, Vaderland") | |||||
Volkslied: Salut à toi, pays de nos aïeux (Frans vir: "Hael aan jou, land van ons voorvaders") | |||||
Hoofstad | Lomé | ||||
Grootste stad | Lomé | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Unitêre dominant-party presidensiële republiek Faure Gnassingbé Victoire Tomegah Dogbé | ||||
Onafhanklikheid | 27 April 1960 14 Oktober 1992 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
56 785 km2 (123ste) 21 925 myl2 4,2 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
8 608 444[2] (100ste) 6 191 155 125,9 / km2 (93ste) 326,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,515[4] (167ste) – laag | ||||
Gini (2018) | 42,4[5] – hoog | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XOF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .tg | ||||
Skakelkode | +228 | ||||
Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van vigs in; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër en sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou kon word. |
Togo (Frans: [tɔˈgo], ), amptelik die Togolese Republiek (République togolaise), is 'n land in Wes-Afrika, wat grens aan Ghana in die weste, Benin in die ooste en Burkina Faso in die noorde. In die suide het dit 'n kort kus aan die Bog van Benin en die Golf van Guinee waar die hoofstad en grootste stad Lomé geleë is. Togo beslaan 'n oppervlakte van 56 785 km² en het 'n bevolking van 8 176 449 in 2018 gehad.
Togo was van 1884 tot 1916 'n Duitse kolonie, aansluitend was dit 'n mandaat van die Volkebond en later van die Verenigde Nasies onder Franse gesag. Op 27 April 1960 het Togo van Frankryk onafhanklik geword. President Gnassingbé Eyadéma het dié land tussen 1967 en 2005 outokraties regeer.[6] Na sy dood is sy seun Faure Gnassingbé deur die weermag tot president benoem, hoewel dit as ongrondwetlik beskou word. Sedert 2022 is Togo naas Mosambiek, Rwanda en Gaboen die enigste lidland van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie.[7]