Tok Pisin | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˌtokpiˈsin] | |
Gepraat in: | Papoea-Nieu-Guinee | |
Gebied: | Oseanië | |
Totale sprekers: | 120 000 (moedertaal) 4 miljoen (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Pidgin Tok Pisin | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Papoea-Nieu-Guinee | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | tpi | |
ISO 639-3: | tpi | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Tok Pisin ([ˌtokpiˈsin]), ook Nieu-Guinee-Pidgin of Pidgin-Engels, is 'n Kreooltaal wat saam met Engels en Hiri Motu die amptelike tale van die eilandstaat Papoea-Nieu-Guinee vorm. Dit is 'n vereenvoudigde weergawe van die Indo-Europese taal Engels. Die naam "Tok Pisin" is afgelei van die Engelse woorde talk vir "woord", "praat" of "taal" en pidgin.
Tok Pisin het sowat 120 000 moedertaalsprekers, terwyl 4 miljoen mense dit as 'n tweede taal praat. Tok Pisin is die mees verspreide taal van Papoea-Nieu-Guinee en dien as 'n lingua franca. Dit is verwant aan Bislama, een van die drie amptelike tale van Vanuatu, en Pijin, een van die twee amptelike tale van die Salomonseilande.