Toni Morrison | |
---|---|
Gebore | Chloe Ardelia Wafford 18 Februarie 1931 |
Sterf | 5 Augustus 2019 (op 88) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Alma mater | Howard Universiteit Cornell Universiteit |
Beroep | Romanskrywer, essayiste en dramaturg |
Bekend vir | The Bluest Eye (1970) Song of Solomon (1977) Beloved (1987) Jazz (1992) Paradise (1997) |
Eggenoot | Harold Morrison (1958–1964; geskei) |
Kinders | 2 |
Ouer(s) | Ramah (née Willis) en George Wofford |
Handtekening | |
Toni Morrison (gebore Chloe Ardelia Wofford; 18 Februarie 1931 – 5 Augustus 2019) was 'n Amerikaanse skrywer van romans, essays en toneelstukke. Sy wen die Pulitzerprys vir Fiksie in 1988 vir haar roman Beloved, asook die Nobelprys vir Letterkunde in 1993 vir haar versamelde werke tot op daardie stadium.[1] In 2012 is deur die Amerikaanse president Barack Obama die Presidential Medal of Freedom aan haar toegeken.