Tripoli طرابلس | |
---|---|
Stad | |
Tripoli teen die aandskemer | |
Koördinate: 32°54′8″N 13°11′9″O / 32.90222°N 13.18583°O | |
Land | Libië |
Sha'biyah | Tripoli Sha'biyah |
Regering | |
• Hoof van die volkskomitee | Abdulrauf Beitelmal |
Oppervlak | |
• Totaal | 400 km2 (200 vk. myl) |
Hoogte | 81 m (266 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 158 000 |
• Digtheid | 4 500/km2 (12 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (Oos-Europese Tyd) |
Webwerf | http://www.tripoli.info |
Tripoli (Arabies: طرابلس Ṭarābulus, Tripoli afgelei van die Griekse term vir "drie stede": Τρίπολη, Turks: Trablus) is die hoofstad en grootste stad van Libië.
Tripoli het 'n bevolking van 1,158 miljoen. Die stad is in die noordweste van die land gelë op die randjie van die woestyn op 'n rotsagtige landpunt wat in die Middellandse See in strek en 'n baai vorm. Tripoli is in die 7de eeu deur die Fenisiërs gestig wat dit Oea genoem het.[1]
Tripoli is die grootste stad, hoofhawe en die grootste kommersiële en vervaardigingsentrum in Libië. Dit huisves ook die Al-Fateh Universiteit. As gevolg van die stad se lang geskiedenis is daar talle belangrike argeologiese terreine in Tripoli. Die klimaat is tipies Mediterreens met warm droë somers en koel winters en beskeie reënval.
"Tripoli" kan ook verwys na 'n "Sha'biyah" , die hoogste vlak administratiewe onderafdeling in die huidige Libiese regeringstelsel.