| |||||
Nasionale leuse: Our faith is our strength (Engels vir: "Ons geloof is ons krag") | |||||
Volkslied: God Save the Queen | |||||
Hoofstad | Edinburgh of the Seven Seas | ||||
Grootste stad | Edinburgh of the Seven Seas | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Parlementêre demokrasie binne ’n grondwetlike monargie Elizabeth II Mark Capes Alex Mitham | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Eerste vestiging • Afhanklikheid van die Kaapkolonie • Afhanklikheid van Sint Helena • Huidige grondwet |
Britse oorsese gebied 1810 14 Augustus 1816[1] 12 Januarie 1938 1 September 2009 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
207 km2 (-) 80 myl2 0 | ||||
Bevolking - 2016-sensus - Digtheid |
267[2] 1,3 / km2 3,3 / myl2 | ||||
Geldeenheid | Sint Heleense pond (SHP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .ta | ||||
Skakelkode | +290 |
Tristan da Cunha is 'n groep afgeleë eilande in die Suid-Atlantiese Oseaan, 2816 km van Suid-Afrika en 3360 km van Suid-Amerika. Tristan da Cunha vorm saam met Ascension en Sint Helena die Britse oorsese gebied Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha. Tristan da Cunha is 2 161 km suid van Sint Helena geleë. Die gebied bestaan uit die hoofeiland, Tristan da Cunha (98 km²); sowel as verskeie onbewoonde eilande: Inaccessible-eiland en die Nagtegaaleilande. Gougheiland, 395 km suidoos van die hoofeiland, is ook deel van die gebied.
Die gebied word as een van die mees afgeleë nedersettings ter wêreld beskou.