’n Voyager 2-fotomosaïek van Triton se sub-Neptunus-halfrond. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | William Lassell |
Datum | 10 Oktober 1846 |
Alternatiewe name | Neptunus I |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 354 759 km |
Wentelperiode | −5,876854 dae (retrograad)[1] |
Baanhelling | 129,812° (tot ekliptika) 156,885° (tot Neptunus se ewenaar)[2] 129,608° (tot Neptunus se wentelbaan) |
Satelliet van | Neptunus |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 1353,4 ± 0,9 km[3] (0,2122 aardradiusse) |
Oppervlakte | 23 018 000 km2 |
Volume | 10 384 000 000 km3 |
Massa | 2,14×1022 kg (0,003 59 aardmassas) |
Gem. digtheid | 2,061 g/cm3[3] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,779 m/s2 |
Ontsnapping- snelheid | 1,455 km/s |
Rotasieperiode | Sinchronies |
Sideriese rotasieperiode | 5 d, 21 h, 2 min, 53s[4] |
Ashelling | 0 |
Temperatuur | 38 K[4] |
Skynmagnitude | 13,47[5] |
Absolute magnitude | −1,2[6] |
Atmosfeer | |
Oppervlakdruk | 1,4–1,9 Pa[4] (1/70 000 van die oppervlakdruk op Aarde)[7] |
Samestelling | Stikstof; metaanspore.[8] |
Triton (Grieks: Τρίτων; ook Neptunus I) is die grootste maan van die planeet Neptunus en die eerste maan van dié planeet wat ontdek is. Dit is die sewende grootste maan in die Sonnestelsel.
William Lassell het die maan op 10 Oktober 1846 ontdek, 17 dae ná die ontdekking van dié planeet Neptunus deur Johann Gottfried Galle. Dit is die enigste groot maan in die Sonnestelsel met ’n retrograde wentelbaan (in die teenoorgestelde rigting as waarin sy planeet draai).[9][10] Vanweë sy retrograde beweging en sy samestelling soortgelyk aan dié van Pluto, word geglo Triton is ’n dwergplaneet wat uit die Kuipergordel aangetrek is.[11] Dit het ’n oppervlak van hoofsaaklik bevrore stikstof, ’n kors van waterys,[12] ’n ysagtige mantel en ’n groot kern van rots en metaal. Die kern maak twee derdes van sy totale massa uit. Die gemiddelde digtheid is 2,061 g/cm3,[3] wat ’n samestelling van sowat 15-35% waterys weerspieël.[4]
Triton is een van die min mane in die Sonnestelsel wat sover bekend geologies aktief is (die ander is Jupiter se mane Io en Europa, en Saturnus se Enkelados en Titaan). As gevolg hiervan is sy oppervlak relatief jonk, met min duidelik sigbare kraters. Ingewikkelde kriovulkaniese en tektoniese terreine dui op ’n ingewikkelde geologiese geskiedenis. ’n Deel van die oppervlak het geisers wat veredelde stikstofgas vrystel, en dit dra by tot ’n klein stikstofatmosfeer minder as 1/70 000 van die druk van die Aarde se atmosfeer op die seevlak.[4] Dit is die tweede grootste maan in verhouding tot sy moederplaneet, naas die Aarde se Maan.
<ref>
tag; no text was provided for refs named neptuniansatfact
<ref>
tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-Neptune
<ref>
tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
<ref>
tag; no text was provided for refs named EncycSolSys-Triton
<ref>
tag; no text was provided for refs named magnitude
<ref>
tag; no text was provided for refs named Fischer2006
<ref>
tag; no text was provided for refs named solarsystemexploration
<ref>
tag; no text was provided for refs named nature2
<ref>
tag; no text was provided for refs named NYT-20141105-DO
<ref>
tag; no text was provided for refs named Agnor06
<ref>
tag; no text was provided for refs named Prockter