Die Tsjegge (Tsjeggies: Češi, [ˈtʃɛʃɪ], manlike enkelvoud: Čech, vroulike enkelvoud: Češka) is 'n Slawiesenasie en etniese groep inheems aan Tsjeggië wat Tsjeggies, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Tsjeggië en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 64% van dié land se bevolking uit.
Wêreldwyd leef tussen 10 en 12 miljoen Tsjegge, waarvan tussen 6,7 en 9,2 miljoen in Tsjeggië en 1,5 miljoen in die Verenigde State. Naas Tsjegge leef nog minderhede soos Morawiërs (4,9%) en Slowake (1,4%) in Tsjeggië.
Volgens 'n gewilde mite is die Tsjegge afstammelinge van die stamvader Tsjech wat saam met Ljech en Roes as mitiese stigters van die drie Slawiese nasies Pole, Rusland en Tsjeggië beskou word.