Tumblr | |
Tipe | Filiaalmaatskappy |
---|---|
Gestig | 19 Februarie 2007[1] |
Hoofkantoor | New York Stad, New York, Verenigde State |
Sleutelpersone | David Karp (stigter) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Internet |
Produkte | Mikrojoernale, gemeenskapswebwerf |
Werknemers | 406 (April 2017)[1] |
Moedermaatskappy | Yahoo! (2013–hede) |
Webwerf | tumblr.com |
Tumblr | |
---|---|
Tipe webblad | Sosiale netwerk Mikrojoernaal |
Taal(e) | Hoofsaaklik Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Yahoo! |
Opgerig | 2007 |
Huidige status | Aktief |
URL | tumblr.com |
Tumblr (geskryf as tumblr) is 'n gratis sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat deur David Karp geskep en deur Yahoo! besit word. Die webtuiste stel mense in staat om teks, stilstaande en bewegende beelde, kwotasies, skakels en oudio-opnames in 'n "tumblrlog“ te publiseer. Gebruikers kan ander persone se webjoernale (blogs) volg om sodoende in kontak te bly. Teen 7 Desember 2018 het die webtuiste reeds meer as 450 miljoen webjoernale gehad.