| |||||
| |||||
Leuse: Equidad en la Justicia (Spaans vir: "Ekwiteit in geregtigheid") | |||||
Volkslied: Himno Nacional Mexicano | |||||
Die Tweede Meksikaanse Keiserryk tussen 1864 en 1867. | |||||
Hoofstad | Meksikostad 19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W | ||||
Taal/Tale | Spaans | ||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Monargie | ||||
Keiser | |||||
- 1864–1867 | Maksimiliaan I | ||||
Regent | |||||
- 1864–1867 | Juan Almonte | ||||
Wetgewer | Kongres | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Franse intervensie | 8 Desember 1861 | ||||
- Maksimiliaan I aanvaar die kroon | 10 April 1864 | ||||
- Teregstelling van Maksimiliaan I | 19 Junie 1867 | ||||
- Benito Juárez betree Meksikostad | 15 Julie 1867 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1864 | 1 972 550 km2 761 606 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1864 skatting | 8 264 213 | ||||
Digtheid | 4,2 /km² 10,9 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Peso |
Die Tweede Meksikaanse Keiserryk (Spaans: Segundo Imperio Mexicano) het vanaf 1864 tot 1867 op die gebied van die huidige Verenigde Meksikaanse State bestaan. Die keiserryk het uit die eerste Meksikaanse Republiek ontstaan wat ná die ontbinding van die Eerste Meksikaanse Keiserryk gestig is. Die keiserryk is tydens die Franse intervensie op 10 April 1864 onder Napoleon III van Frankryk met die Oostenrykse aartshertog Maksimiliaan I van Habsburg as keiser gestig. Napoleon III het Meksiko binnegeval om 'n monargie te stig wat van Frankryk afhanklik sou wees. Met die teregstelling van Maksimiliaan I is die monargie afgeskaf en die Verenigde Meksikaanse State gestig wat steeds bestaan.