| |||||
Nasionale leuse: For God and My Country (Engels vir: "Vir God en My Land") | |||||
Volkslied: Oh Uganda, Land of Beauty (Engels vir: "O Uganda, Land van Skoonheid") | |||||
Hoofstad | Kampala | ||||
Grootste stad | Kampala | ||||
Amptelike tale | Engels en Swahili[1] | ||||
Regering | Unitêre dominante party presidensiële republiek[2] Yoweri Museveni Jessica Alupo Robinah Nabbanja | ||||
Onafhanklikheid | 9 Oktober 1962 8 Oktober 1995 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
241 038 km2 (79ste) 93 065 myl2 15,39 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2014-sensus - Digtheid |
42 729 036[3][4] (35ste) 34 634 650[5] 157,1 / km2 (75ste) 406,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,544[7] (159ste) – laag | ||||
Gini (2016) | 42,8[8] – medium | ||||
Geldeenheid | Sjieling (UGX )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
OAT (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ug | ||||
Skakelkode | +256a | ||||
a. +006 vanaf Kenia en Tanzanië. |
Uganda (somtyds in Afrikaans en Nederlands: Oeganda), amptelik die Republiek Uganda, is 'n landingeslote land in Oos-Afrika. Dit word begrens in die ooste deur Kenia, in die noorde deur Suid-Soedan, in die weste deur die Demokratiese Republiek van die Kongo, in die suidweste deur Rwanda en in die suide deur Tanzanië. Uganda is die wêreld se tweede mees bevolkte landingeslote land naas Ethiopië. Die suidelike deel sluit 'n aansienlike deel van die Victoriameer in wat met Kenia en Tanzanië gedeel word. Uganda is in die Groot Mere van Afrika-streek. Die land is ook geleë aan die Nylrivier, en het 'n afwisselende, maar oor die algemeen 'n wisselende ewenaarklimaat.
Uganda ontleen sy naam van die Buganda-koninkryk, wat 'n groot deel van die suide van die land, insluitende die hoofstad, Kampala, insluit. Die mense van Uganda was tot 1700 tot 2300 jare gelede jagter-versamelaars, toe die Bantoesprekende-bevolkings na die suidelike dele van die land migreer het.
Aan die begin van 1894 is die land as 'n protektoraat van die Verenigde Koninkryk regeer wat administratiewe wetgewing oor die hele gebied ingevoer het. Uganda het op 9 Oktober 1962 onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk gekry. Die tydperk sedertdien was gekenmerk deur afwisselnde tye van konflik, insluitende die uitgerekte burgeroorlog teen die Lord's Resistance Army, wat vir die dood van tienduisende mense verantwoordelik was, en meer as 'n miljoen mense ontwortel het.
Die amptelike taal is Engels.[9] Luganda, 'n sentrale taal, word wyd deur die land gebruik, en verskeie ander tale word ook gebesig. Die president van Uganda is Yoweri Museveni, wat in Januarie 1986, na 'n uitgerekte burgeroorlog van ses jaar, aan bewind gekom het.