Ulrich Zwingli | |
---|---|
Ulrich Zwingli. Portret deur Hans Asper, omstreeks 1531 | |
Gebore | 1 Januarie 1484 Wildhaus, Switserland |
Sterf | 11 Oktober 1531 (op 47) Kappel am Albis, Switserland |
Nasionaliteit | Switserland |
Beroep | Pastoor, teoloog |
Ouer(s) | Johann Ulrich Zwingli Maria Bruggmann |
Ulrich Zwingli (ook Huldreych Zwingli, Huldrych Zwingli of Huldreich Zwingli; * 1 Januarie 1484 in Wildhaus, Switserland; † 11 Oktober 1531 in Kappel am Albis) was 'n Zürichse kerkhervormer.
Uit die Zürichse en Geneefse Hervorming het die gereformeerde kerke voortgespruit. Zwingli se teologie is in die tweede generasie deur Heinrich Bullinger en Johannes Calvyn bevorder.