Universiteit van KwaZulu-Natal[1] | |
---|---|
Howard Kollege-kampus in Durban | |
Gestig: | 1 Januarie 2004 (saamsmelting van die universiteite van Natal en Durban-Westville)[1] |
Kanselier: | Mogoeng Mogoeng[2] |
Vise-kanselier: | Nana Poku[3] |
Personeel: | 1 472[4] (2007) |
Studentetal: | 37 850[4] (2007) |
Voorgraadse studente: | 24 897[4] (2007) |
Nagraadse studente: | 3 807[4] (2007) |
Ligging: | Durban, Westville, Pinetown en Pietermaritzburg[1]
29°52′03″S 30°58′51″O / 29.86752°S 30.98081°O |
Kampus: | 5 kampusse[5] |
Kleure: | Rooi en swart |
Webtuiste: | ukzn.ac.za |
Die Universiteit van KwaZulu-Natal of UKZN is 'n universiteit met vyf kampusse wat almal in die provinsie van KwaZulu-Natal in Suid-Afrika geleë is. Die universiteit is op 1 Januarie 2004 gestig nadat die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het. Tydens die apartheidsjare is die Universiteit van Natal vir blanke persone en die Universiteit van Durban-Westville vir persone van Asiatiese oorsprong gebruik.