Universiteit van die Vrystaat | |
---|---|
Motto: | In Veritate Sapientiae Lux |
Motto in Afrikaans: | In waarheid is die lig van wysheid |
Gestig: | 1904 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Kanselier: | Prof Bonang Mohale |
Rektor: | Francis Petersen |
Studente: | 27 600 |
Ligging: | Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika
29°06′16″S 26°10′31″O / 29.10444°S 26.17528°O |
Voormalige name: | Grey-universiteitskollege Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat Universiteit van die Oranje-Vrystaat |
Kleure: | Rooi en blou |
Bynaam: | Kovsies |
Webtuiste: | http://www.ufs.ac.za/ |
Universiteit van die Vrystaat (UV) is 'n universiteit wat in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë is. Studente verwys na hulself as "kovsies".
Die Universiteit se kampus word soms as 'n akademiese dorp beskryf, omrede alle lesingsale, laboratoria, kantore, koshuise, sport- en studentefasiliteite, en 'n opleidingshospitaal binne loopafstand in 'n veilige kampus geleë is. Die kampus is op sy beurt naby Bloemfontein se stadskern geleë.
Die universiteit is in 2010 deur Webometrics as die 9de beste universiteit in Suid-Afrika, en as die 2095ste beste ter wêreld aangewys.[1]
Die Johannes Stegman Kunsgalery is op die kampus geleë.