Uttar Pradesh | |
---|---|
Besienswaardighede in Uttar Pradesh | |
Ligging van Uttar Pradesh in Indië | |
Koördinate: 26°51′0″N 80°54′36″O / 26.85000°N 80.91000°O | |
Land | Indië |
Hoofstad | Lucknow |
Grootste stad | Lucknow |
Gestig op | 24 Januarie 1950[1] |
Regering | |
• Tipe | Regering van Uttar Pradesh |
• Goewerneur | Anandiben Patel |
• Hoofminister | Yogi Adityanath |
Oppervlak | |
• Totaal | 240 928 km2 (93 023 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 199 812 341 |
• Digtheid | 830/km2 (2 100/vk. myl) |
• Rang | 1ste |
Tydsone | UTC+05:30 (IST) |
Amptelike tale[2] | Hindi Oerdoe (sekondêre ampstaal) |
Webwerf | www.up.gov.in |
Uttar Pradesh (Hindi: उत्तर प्रदेश; Oerdoe: اتر پردیش, [ˈʊt̪t̪ər prəˈd̪eːʃ], , letterlik "Noordelike Provinsie") is 'n deelstaat in die noorde van Indië. Die hoofstad en grootste stad is Lucknow. Van die ander groot stede is Agra, Benares (voorheen Varanasi), Ghaziabad, Kanpur, Meerut en Prayagraj (voorheen Allahabad). Naas die ampstale Hindi en Oerdoe word veral Awadhi, Bagheli, Bhojpuri, Braj, Bundeli en Kannauji in die deelstaat gepraat. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Ganges en die Yamuna, twee van die grootste riviere van Indië. Die Taj Mahal, een van Indië se bekendste baken, is in Agra geleë. In Uttar Pradesh lê ook die Buddh Internasionale Renbaan, waar drie keer die Indiese Grand Prix (in 2011, 2012 en 2013) gehou is.