USA Rugby | |
---|---|
Kenteken van VSA Rugby
| |
Engelse naam | USA Rugby |
Amptelike naam naam | United States of America Rugby Football Union |
Land | Verenigde State |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1975 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1987 |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Amerikas Noord |
Voorsitter | Tom Cusack |
Hoof- uitvoerende beampte | Ross Young |
Setel | Glendale, Colorado, Verenigde State |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | usa.rugby |
VSA Rugby (Engels: USA Rugby; amptelike naam: United States of America Rugby Football Union; letterlik: “Verenigde State van Amerika Rugbyvoetbalunie”, afgekort: “USAR”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in die Verenigde State beheer. Die beheerliggaam is in 1975 gestig en in Glendale, Colorado, gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit die Verenigde State by Wêreldrugby en sedert 2001 ook by Rugby Amerikas Noord (“RAN”).