Valenciennes | |
---|---|
Koördinate: 50°21′29″N 3°31′24″O / 50.35806°N 3.52333°O | |
Land | Frankryk |
Département | Nord |
Munisipaliteit | Valenciennes |
Bevolking | 43 336 |
Valencienne is 'n nedersetting en 'n munisipaliteit in die Département Nord in Noord-Frankryk.
Dit lê aan die Schelde (Frans: Escaut)-rivier. Alhoewel die stad en streek 'n konstante afname in die bevolking tussen 1975 en 1990 beleef het, het dit sedertdien weer herstel. In die sensus van 1999 was die bevolking van die gemeente Valenciennes 41 278 en die metropolitaanse gebied 399 677.