| |||||
| |||||
Leuse: Shumela Venḓa | |||||
Volkslied: Pfano na vhuthihi | |||||
Ligging van Venda in Suid-Afrika | |||||
Hoofstad | Thohoyandou | ||||
Taal/Tale | Venda, Engels, Afrikaans | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | Patrick Mphephu (1979–1988) | ||||
Frank Ravele (1988–1990) | |||||
Gabriel Ramushwana (1990–1994) | |||||
Tshamano G. Ramabulana (1994) | |||||
Wetgewer | Parlement | ||||
Historiese tydperk | Apartheid | ||||
- Stigting | 13 September 1979 | ||||
- Weer ingelyf in Suid-Afrika | 27 April 1994 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1994 | 6 807 km2 2 628 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1994 skatting | 718 207 | ||||
Digtheid | 105,5 /km² 273,3 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Suid-Afrikaanse Rand |
Venda was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die noord-ooste van Suid-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 6 807 vierkante kilometer beslaan en bestaan uit twee ingeslote grondgebiede versprei deur die vorige Suid-Afrikaanse provinsie van Transvaal. Die hoofstad van 1979 tot 1994 was Thohoyandou. Die tuisland wat onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry het op 13 September 1979[1] was geskep om Vendas van 'n eie land te voorsien.
Na die eerste demokratiese Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994, is die tuisland heringelyf by die Republiek van Suid-Afrika, en wel onder Limpopoprovinsie. Teen daardie tyd het Venda meer as 718 207 inwoners gehuisves.