Venus

Hierdie artikel handel oor die planeet Venus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Venus (dubbelsinnig).
Venus   ♀
Die planeet Venus
Venus, soos waargeneem deur die Mariner 10-wenteltuig.
Wentelbaaneienskappe
Epog J2000
Afelium 108 942 109 km
0.728 231 28 AE
Perihelium 107 476 259 km
0.718 432 70 AE
Halwe lengteas 108 208 930 km
0.723 332 AE
Wentelperiode 224.700 69 dae
0.615 197 0 jare
1,92 Venus solar dae
Sinodiese periode 583.92 dae[1][2]
Gem. omwentelingspoed 35,02 km/s
Baanhelling 3,394 71° (tot Ekliptika)
3,86° (tot die son se ewenaar)
2.19° (tot onveranderbare vlakte)[3]
Lengteligging van stygende nodus 76.670 69°
Periheliumhoek 54.852 29°
Natuurlike satelliete 0
Fisiese eienskappe
Radius by ewenaar 6 051,8 ± 1,0 km
(0,949 9 Aardes)
Oppervlakte 4,60×108 km2
(0,902 Aardes)
Volume 9,38×1011 km3
(0.866 Aardes)
Massa 4,868 5×1024 kg
(0,815 Aardes)
Gem. digtheid 5,204 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
8,87 m/s2
0,904 g
Ontsnapping-
snelheid
10,46 km/s
Sideriese
rotasieperiode
243,018 5 dae
Rotasiespoed
by ewenaar
6,52 km/h
1,81 m/s
Ashelling 177,3°[1]
Regte styging van noordpool 18 h 11 min 2 s
272,76°[4]
Deklinasie 67,16°
0,67 (geometries)[5]
0,90 (Bond)[5]
Oppervlak-temp.
   Kelvin
   Celsius
mingem.maks
735 K[1][6][7]
460 °C
Skynmagnitude −4,9[8][9] tot −3,8[10]
Hoekgrootte 9,7"–66,0"[1]
Atmosfeer
Oppervlakdruk 93 bar
9,3 MPa
Samestelling ~96,5% Koolstofdioksied

~3,5% Stikstof
0,015% Swaweldioksied
0,007% Argon
0,002% Waterdamp
0,001 7% Stikstofmonoksied
0,001 2% Helium
0,000 7% Neon
spore van Koolstofsulfied
spore van Waterstofchloried

spore van Waterstoffluoried

Venus is die tweede planeet van die Son af. Dit is 'n rotsplaneet met die digste atmosfeer van al die rotsplanete in die Sonnestelsel en die enigste een met 'n massa en grootte van naby dié van sy buurman die Aarde. Dit wentel nader aan die Son as die Aarde en lyk van die Aarde af altyd of dit naby die Son is, as óf die "oggendster" óf die "aandster". Hoewel dieselfde vir Mercurius geld, lyk Venus baie prominenter, want dit is die helderste voorwerp in ons naglug buiten die Son en die Maan.[11][12] Dit is selfs helderder as enige ster. Omdat hy so helder is, is Venus histories 'n algemene en belangrike voorwerp vir mense, beide in hulle kultuur en in sterrekunde.

Venus het 'n swak magnetosfeer en 'n uiters dik atmosfeer van koolstofdioksied wat, tesame met sy planeetwye wolkkombers van swaelsuur, 'n uiterse kweekhuiseffek veroorsaak. Dit lei tot 'n gemiddelde oppervlaktemperatuur van 737 K (464 °C) en 'n verpletterende druk van 92 keer dié van die Aarde by seevlak. Dit verander die lug in 'n oorkritieke vloeistof, terwyl die druk, temperatuur en straling by hoogtes van 50 km bo die oppervlak baie soos die Aarde s'n is.

Toestande wat dalk gunstig vir lewe op Venus is, is in sy wolklae geïdentifiseer: Onlangse navorsing het aanduidings, maar nie oortuigende bewyse nie, gevind vir lewe op die planeet. Venus kon vroeg in sy geskiedenis vloeibare oppervlakwater gehad het, moontlik genoeg om oseane te vorm, maar 'n wegholkweekhuiseffek het eindelik alle water laat verdamp, en dit is toe deur die sonwind die ruimte ingedra.[13][14][15]

Venus het vermoedelik 'n kern, mantel en kors, waarvan laasgenoemde interne hitte deur vulkanisme vrystel. Dit hervorm die oppervlak deur dit te hernu in plaas van deur plaattektoniek. Op 26 Oktober 2023 is die resultate van 'n studie egter bekend gemaak waarvolgens Venus in antieke tye plaattektoniek en gunstiger omstadighede vir lewe kon gehad het.[16][17] Venus is een van twee planete in die Sonnestelsel wat nie natuurlike satelliete, of mane, het nie.[18]

Venus se rotasie is deur die sterk strome en sleuring van sy atmosfeer verlangsaam en omgekeer in 'n retrograde beweging. Dié rotasie – tesame met die 224,7 aarddae wat dit Venus neem om 'n volle omwenteling om die Son te voltooi ('n Venusjaar) en 'n Venusdag van 117 aarddae – lei daartoe dat 'n Venusjaar net minder as twee Venusdae lank is. Venus en die Aarde se wentelbane is die naaste aan mekaar van al die planete: Hulle sinodiese periode (die tyd tussen konjunksies) is 1,6 jaar.

In 1961 het Venus die teiken van Wenera 1, die eerste interplanetêre vlug in die mens se geskiedenis, geword. Daarna het ander noodsaaklike interplanetêre eerstes gevolg, soos die eerste sagte landing op 'n ander planeet (Wenera 7, 1970). Dié tuie het dit duidelik gemaak dat 'n uiterse kweekhuiseffek onleefbare oppervlaktoestande geskep het, 'n feit wat die mens meer geleer het in sy voorspellings van aardverwarming.[19][20]

Dié bewyse het die mens laat afsien van wetenskapsfiksie-idees dat Venus bewoonbaar is of selfs bewoon word. Tog is voorstelle vir nog vlugte gedoen, óf as verbyvlugte óf vir 'n swaartekragslinger vir vlugte na Mars óf om Venus se atmosfeer binne te gaan en op veilige afstande bo die oppervlak te bly waar toestande meer met dié op Aarde ooreenstem.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Williams, David R. (15 April 2005). "Venus Fact Sheet" (in Engels). NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 12 Oktober 2007.
  2. Lorenz, Ralph D.; Lunine, Jonathan I.; Withers, Paul G.; McKay, Christopher P. (2001). "Titan, Mars and Earth: Entropy Production by Latitudinal Heat Transport" (PDF). Ames Research Center, University of Arizona Lunar and Planetary Laboratory. Besoek op 21 Augustus 2007.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 3 April 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2009. Besoek op 10 April 2009. (gemaak met Solex 10 Geargiveer 20 Desember 2008 op Wayback Machine geskryf deur Aldo Vitagliano)
  4. "Report on the IAU/IAG Working Group on cartographic coordinates and rotational elements of the planets and satellites" (in Engels). International Astronomical Union. 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 12 April 2007.
  5. 5,0 5,1 Mallama, A.; Wang, D.; Howard, R.A. (2006). "Venus phase function and forward scattering from H2SO4". Icarus. 182 (1): 10–22. Bibcode:2006Icar..182...10M. doi:10.1016/j.icarus.2005.12.014.
  6. "Venus: Facts & Figures". NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2006. Besoek op 12 April 2007.
  7. "Space Topics: Compare the Planets: Mercury, Venus, Earth, The Moon, and Mars" (in Engels). Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2012. Besoek op 12 April 2007.
  8. Mallama, A. (2011). "Planetary magnitudes". Sky and Telescope. 121 (1): 51–56.
  9. "HORIZONS Web-Interface for Venus (Major Body=299)". JPL Horizons On-Line Ephemeris System. 27 Februarie 2006. Besoek op 28 November 2010.
  10. Espenak, Fred (1996). "Venus: Twelve year planetary ephemeris, 1995–2006". NASA Reference Publication 1349. NASA/Goddard Space Flight Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 20 Junie 2006.
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Lawrence_2005
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Walker_2017
  13. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Jakosky
  14. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Hashimoto_et_al_2008
  15. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Shiga_2007
  16. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NYT-20231026
  17. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NA-20231026
  18. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named NASA_2019
  19. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Newitz 2013
  20. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dorminey 2018

Developed by StudentB