Verbode Stad | ||
Plaaslike naam | 紫禁城 | |
Land | Volksrepubliek China | |
Soort | Kunsmuseum Keiserlike paleis Historiese terrein | |
Streek | Dongcheng, Beijing | |
Oppervlakte | 72 ha | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Kuai Xiang (argitek) | |
Tydperk | 1406-1420 | |
Kulture | Chinees | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Deel van | Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie in Beijing en Shenyang* | |
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, ii, iii, iv | |
Verwysing | 439-001 | |
Inskripsie | 1987 (11de sessie) | |
* Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Verbode Stad | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 紫禁城 | |
Pinyin | Zǐjinchéng | |
Ander name | (in Mantsjoe) |
Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering.
Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue[1] en staan op ’n terrein van 72 ha.[2][3] Die argitektuur is tradisioneel Chinees[4] en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar[4] en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld.
Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers.[5]
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)