Die verkragting van die adellike Lucretia was ’n beginpunt van die gebeure wat tot die omverwerping van die Romeinse Koninkryk en die stigting van die Romeinse Republiek gelei het.
Verkragting is ’n soort seksuele aanranding wat gewoonlik seks of ’n ander vorm van penetrasie behels met iemand sonder sy of haar toestemming. Die daad kon uitgevoer gewees het deur fisieke geweld, dwang, magsmisbruik of teen iemand wat nie in staat is om geldige toestemming te verleen nie, soos iemand wat bewusteloos of buite aksie is of onder die wettige ouderdom is.[1] Die term "seksuele aanranding" word soms gebruik in plaas van "verkragting".[2]
Die mate waarin verkragting aangemeld, vervolg of skuldiges gevonnis word, verskil grootliks van gebied tot gebied. Die voorkoms van bekende voorvalle van verkragting het in 2010 gewissel tussen 0,2 per 100 000 mense in Azerbeidjan en 92,9 per 100 000 mense in Botswana. Die gemiddelde was 6,3 per 100 000 mense in Litaue.[3] Volgens die Amerikaanse Mediese Vereniging (1995) is seksuele geweld, veral verkragting, die misdaad wat die minste aangemeld word.[4][5]
Verkragting deur vreemdelinge is gewoonlik minder algemeen as verkragting deur iemand wat die slagoffer ken.[6][7] Verskeie studies toon aan die verkragting van mans deur mans en vroue deur vroue in tronke is die soort verkragting wat die minste aangemeld word.[8][9]
In middel Desember 2007 is die Suid-Afrikaanse Wet op Seksuele Oortredings verander dat die seksuele aanranding van ’n seun of man vir die eerste keer ook as verkragting beskou word.[14]