Veselperske

Veselperske of Mango
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. indica
Binomiale naam
Mangifera indica

Die Veselperske (Mangifera indica) is 'n subtropiese boom wat peervormige vrugte met veselagtige vleis dra. Die vrugte staan as veselperskes of mango's bekend. Ryp veselperskes is soet in smaak, maar hulle is bitter-suur as hulle nog groen is.

Veselperskes is naas piesangs die belangrikste tropiese vrug vir kommersiële verbouing. Dit kom bykans dwarsoor die wêreld voor, maar daar word geglo dat hulle vanaf die suidelike en suidoostelike dele van Asië afkomstig is, insluitende Indië, Pakistan, Mianmar, Sri Lanka en Bangladesj. Pakistan en Indië is die grootste uitvoermarkte. Die vrug is ook die lande se nasionale vrug.


Developed by StudentB