Virgo-superswerm

"Plaaslike Superswerm" stuur jou aan na dié artikel. Vir die superswerm wat in 2014 ontdek is en waarvolgens Virgo net deel van ’n groter superswerm is, sien Laniakea-superswerm.
In die Plaaslike Superswerm: Die afstand van ’n paar groepe en swerms van die Plaaslike Groep af.

Die Virgo-superswerm of Plaaslike Superswerm (afgekort as PS) is die onreëlmatige superswerm wat die Virgo-sterrestelselswerm en die Plaaslike Groep bevat. Laasgenoemde bevat weer die Melkweg, waarin die Aarde lê, asook die Andromeda-sterrestelsel. Minstens 100 sterrestelselswerms lê in die Virgo-superswerm se gebied met ’n deursnee van 33 miljoen parsek (110 miljoen ligjare). Dit is een van die miljoene superswerms in die waarneembare heelal.

Volgens ’n studie in September 2014 is die Virgo-superswerm net deel van ’n groter swerm, die Laniakea-superswerm, wat die Groot Aantrekker in sy middel huisves.[1]

  1. R. Brent Tully, Helene Courtois, Yehuda Hoffman, Daniel Pomarède (2 September 2014). "The Laniakea supercluster of galaxies". Nature. 513 (7516): 71. arXiv:1409.0880. Bibcode:2014arXiv1409.0880T. doi:10.1038/nature13674. {{cite journal}}: Onbekende parameter |publicationdate= geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Developed by StudentB