Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 4:7 |
Goedgekeur | 27 Junie 1977 |
Ontwerp | ’n Wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n rooi ster, twee ewe breë bane in ligblou en groen aan die wapperkant. |
Die nasionale vlag van Djiboeti is op 27 Junie 1977 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n wit driehoek aan die vlagpaalkant met ’n rooi vyfpuntige ster daarin; die wapperkant is horisontaal in die helfte gedeel met ’n ligblou baan bo en ’n groen baan onder.