Gebruik | Nasionale vlag |
---|---|
Verhouding | 3:5 |
Goedgekeur | 7 Februarie 1974 |
Ontwerp | ’n Rooi band buite om met ses geel sterre in, twee geel en twee groen driehoeke daar binne, ’n rooi skyf en ster in die middel en ’n klawertjie neutmuskaat aan die vlagpaalkant. |
Ontwerp deur | Anthony C. George |
Gebruik | Burgerlike en Staatsvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 7 Februarie 1974 |
Ontwerp | Dieselfde as die nasionale vlag behalwe dat die verhouding verskil. |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 1:2 |
Ontwerp | ’n Rooi Sint Joriskruis op ’n wit doek met die nasionale vlag in die skildhoek. |
Die nasionale vlag van Grenada is op 7 Februarie 1974 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi band buite om met ses geel vyfpuntige sterre aan die bo- en onderkant. Binne die rooi band is twee geel (bo en onder) en twee groen (vlagpaal- en wapperkant) driehoeke, ’n rooi skyf en vyfpuntige geel ster in die middel van die vlag en ’n klawertjie neutmuskaat in die groen driehoek aan die vlagpaalkant.