Vlag van Hongkong

Vlag van Hongkong
Vlag van Hongkong
Vlag van Hongkong
Bynaam 中华人民共和国香港特别行政区区旗 (Vereenvoudigde Chinees)
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 4 April 1990[1]
Gebruik sedert 1 Julie 1997
Ontwerp ’n Enkele rooi baan met ’n gestileerde vyfblaar-hongkongboomorgideeblom in die middel.
Ontwerp deur Tao Ho
Streeksvlag van die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   中華人民共和國香港特別行政區區旗
Vereenvoudigde Chinees   中华人民共和国香港特别行政区区旗
Pinyin Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó Xiānggǎng Tèbié Xíngzhèngqū Qūqí
Kantonees Jūngwàh Yàhnmàhn Guhngwòhgwok Hēunggóng Dahkbiht Hàhngjing Kēui Kēuikèih
Jyutping Zung1waa4 Jan4man4 Gung6wo4gwok3 Hoeng1gong2 Dak6bit6 Hang4zing3 Keoi1 Keoi1kei4

Die vlag van Hongkong (amptelik die streeksvlag van die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China) is op 4 April 1990 goedgekeur[2] en is sedert 1 Julie 1997 in gebruik. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n gestileerde vyfblaarblom van die hongkongboomorgidee (Bauhinia × blakeana) in die middel.

Sy ontwerp is tydens die derde sitting van die sewende Nasionale Volkskongres op 4 April 1990 goedgekeur.[2] Die presiese gebruik van die vlag word deur wette bepaal wat tydens die 58ste uitvoerende vergadering van die Staatsraad van die Volksrepubliek China in Beijing aanvaar is.[3] Die ontwerp van die vlag is vasgelê in Hongkong se grondwet, dié gebied se grondwetlike dokument,[4] en regulasies oor die gebruik, verbod op gebruik, vlagskending en vervaardiging van die vlag word vermeld in die Ordonnansie oor die Streeksvlag en Streeksembleem.[5] Die vlag van Hongkong is vir die eerste keer amptelik gehys tydens die oorhandigingseremonie op 1 Julie 1997 wat die oordrag van soewereiniteit van die Verenigde Koninkryk terug na China aandui.[6]

  1. (en) "Hongkong". Flags of the World. Besoek op 13 Augustus 2020.
  2. 2,0 2,1 (en) "Besluit van die Nasionale Volkskongres oor die Basiese Wet van die Hongkong Spesiale Administratiewe Streek van die Volksrepubliek China". Regering van Hongkong. 4 April 1990. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2013. Besoek op 1 November 2009.
  3. (en) Laws and Regulations of the People's Republic of China. China Legal Publishing House. 2001. p. iv. ISBN 7-80083-759-9.
  4. (en) "Basic Law Full Text". Hongkong Spesiale Administratiewe Streek. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2008. Besoek op 20 Maart 2009.
  5. (en) "Regional Flag and Regional Emblem Ordinance" (PDF). Bilingual Laws Information System. 1 Julie 1997. Besoek op 25 Julie 2009.
  6. (en) Jeffrey Aaronson. "Schedule of Events". Time. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2009. Besoek op 1 November 2009.

Developed by StudentB