Volksblad

Volksblad se hoofkantoor in Bloemfontein.

Volksblad is 'n Afrikaanse, Suid-Afrikaanse koerant wat voorheen in druk in die Vrystaat en Noord-Kaap versprei is. Dit is die oudste Afrikaanstalige dagblad in die land. Sy hoofkantoor is in Bloemfontein en die uitgewer is Media24. Dit word sedert 10 Augustus 2020 net in digitale formaat uitgegee wat op Netwerk24 se webtuiste beskikbaar is.[1]

Hoewel die koerant, vergeleke met Die Burger en Beeld 'n beskeie sirkulasie van 14 701 eksemplare per dag gehad het (tweede kwartaal 2015), was die markpenetrasie onder Afrikaanssprekendes in die ylbevolkte provinsies Noord-Kaap en Vrystaat groot.

  1. Volksblad-familie, Facebook

Developed by StudentB