'n Vulkaanboog is 'n ketting vulkane wat bo 'n subduksiesone ontstaan[1] en van bo af gesien 'n boog vorm. Vulkane in die see vorm eilande en dit lei tot 'n vulkaniese eilandboog. Vulkaanboë ontstaan gewoonlik wanneer 'n oseaanplaat onder 'n ander plaat ingedruk word en lê dikwels parallel met 'n oseaantrog. Die oseaanboog is deurdrenk met water en vlugtige stowwe soos water verlaag die smeltpunt van die aardmantel drasties. Terwyl die oseaanplaat laer gedruk word en afsak, word dit aan al hoe groter druk blootgestel. Die druk druk water uit die plaat en waar dit aan die mantel raak, smelt die mantel en vorm magma onder die boonste plaat. Die magma styg op en vorm 'n boog vulkane parallel aan die subduksiesone.
Daar is twee soorte vulkaanboë:
In sommige situasies kan 'n enkele subduksiesone albei bogenoemde aspekte tot gevolg hê: wanneer 'n deel van 'n oseaanplaat onder 'n kontinent en 'n ander deel onder 'n aangrensende oseaanplaat ingedruk word.
Vulkane is in feitlik enige berggordel teenwoordig, maar dit maak dit nie noodwendig 'n vulkaanboog nie. Groot, geïsoleerde vulkane kom dikwels in 'n berggordel voor. Voorbeelde is Vesuvius en die berg Etna in Italië, wat deel van aparte en verskillende soorte bergvulkaanstelsels is.
Die aktiewe front van 'n vulkaanboog is die gordel waar vulkanisme op 'n gegewe tydstip ontwikkel. Aktiewe fronte kan mettertyd (oor miljoene jare) skuif, en kan hulle afstand van die oseaantrog sowel as hulle breedte verander.