Waarnemingshorison

’n Waarnemingshorison of gebeurtenishorison of gebeurtenisgrens (Engels="'event horison'") is in natuurkunde ’n grens in ruimtetyd van waaragter inligting (in die vorm van materie of lig) nie meer ’n bepaalde ander punt kan bereik nie.

Dit is 'n grens in ruimtetyd waarbuite gebeure nie 'n buitewaarnemer kan beïnvloed nie. In leketaal, word dit gedefinieer as "die punt van geen terugkeer", dit wil sê, die punt waar die aantrekkingskrag so groot raak dat ontsnapping daarvan onmoontlik word. 'n Gebeurtenisgrens word mees algemeen geassosieer met swartkolke. Lig wat uitgestraal word van oorkant die gebeurtenisgrens kan nooit die buitewaarnemer bereik nie. Soos 'n voorwerp nader aan die waarnemingshorison kom van die waarnemer se kant af, blyk die voorwerp te vertraag en nooit heeltemal daarin slaag om deur die horison te gaan nie. Sy voorkoms word slegs rooier agv rooiverskuiwing soos die tyd verloop. Die voorwerp ondervind egter geen vreemde ervaring nie, in werklikheid gaan dit deur die horison in 'n beperkte hoeveelheid ware tyd.

Nog 'n definisie: 'n Gebeurtenisgrens is 'n teoretiese grens rondom 'n swartkolk waarbuite geen lig of ander straling kan ontsnap nie. Dit veroorsaak dat ruimtetyd in hul nabye omgewing letterlik in 'n gravitasiedraaikolk om hulle gesleep word om 'n gebied om hul gebeurtenisgrens te vorm wat die ergosfeer genoem word. In die ergosfeer sou dit onmoontlik wees om stil te staan.

Nog 'n definisie: Die gebeurtenisgrens van 'n swartholte is die afstand vanaf ’n swartholte waar die benodigde ontsnapspoed kleiner as ligspoed word. Binne die gebeurtenisgrens moet die spoed van 'n voorwerp groter as die spoed van lig wees om uit die gebeurtenisgrens te ontsnap. Indien die voorwerp verder is as die gebeurtenisgrens, kan die voorwerp se spoed stadiger as die spoed van lig wees. (Hoe groter die afstand, hoe kleiner die benodigde ontsnapspoed.)


Developed by StudentB