| |||||||||||||||||||||||||
Algemeen | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam, simbool, getal | waterstof, H, 1 | ||||||||||||||||||||||||
Chemiese reeks | niemetaal | ||||||||||||||||||||||||
Groep, periode, blok | 1, 1, s | ||||||||||||||||||||||||
Atoommassa | 1,00794 g/mol | ||||||||||||||||||||||||
Elektronkonfigurasie | 1s1 | ||||||||||||||||||||||||
Elektrone per skil | 1 | ||||||||||||||||||||||||
CAS-registernommer | 1333-74-0 | ||||||||||||||||||||||||
Fisiese eienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Toestand | gas | ||||||||||||||||||||||||
Smeltpunt | 13,99 K (−259,16 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Kookpunt | 20,271 K (−252,879 °C) | ||||||||||||||||||||||||
Digtheid | (0 °C, 101.325 kPa) 23,2 g/L | ||||||||||||||||||||||||
Voorkoms | |||||||||||||||||||||||||
Atoomeienskappe | |||||||||||||||||||||||||
Oksidasietoestande | −1, +1 | ||||||||||||||||||||||||
Ionisasie-energieë | 1ste: 1 312,0 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Atoomradius | 25 (53) pm | ||||||||||||||||||||||||
Kovalente radius | 37 pm | ||||||||||||||||||||||||
Van der Waals-radius | 120 pm | ||||||||||||||||||||||||
Kristalstruktuur | heksagonaal | ||||||||||||||||||||||||
Verdampingswarmte | 0,44936 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Smeltingswarmte | 0,05868 kJ/mol | ||||||||||||||||||||||||
Spoed van klank | 1 270 m/s | ||||||||||||||||||||||||
Henry se konstante | 7,8 x 10-4 [L/mol.Atm]; 540 [K] [1] | ||||||||||||||||||||||||
Diverse | |||||||||||||||||||||||||
Elektronegatiwiteit | 2,2 (Skaal van Pauling) | ||||||||||||||||||||||||
Warmtekapasiteit | (25 °C) 14 304 J/(mol·K) | ||||||||||||||||||||||||
Termiese geleidingsvermoë | (300 K) 0,1815 W/(m·K) | ||||||||||||||||||||||||
Geskiedenis | |||||||||||||||||||||||||
Ontdek | 1766 | ||||||||||||||||||||||||
Ontdek deur | Henry Cavendish | ||||||||||||||||||||||||
Genoem na | Grieks vir "watervormer" | ||||||||||||||||||||||||
Vernaamste isotope | |||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
Portaal Chemie |
Waterstof is die chemiese element met atoomgetal 1. Dit word voorgestel deur die simbool H. By standaardtemperatuur en -druk, is waterstof 'n kleurlose, reuklose, nie-metaalagtige, smaaklose en hoogs vlambare diatomiese gas met die molekulêre formule H2. Met 'n atomiese gewig van 1,00794, is waterstof die ligste element.
Waterstof is die volopste chemiese element en vorm rofweg 75% van die heelal se elementêre massa.[2] Sterre in die hoofreeks bestaan hoofsaaklik uit waterstof in sy plasmatoestand. Elementêre waterstof is relatief skaars op die Aarde. Industriële produksie is meestal uit koolwaterstowwe soos metaan. Die twee grootste gebruike is in die verwerking van fossielbrandstowwe (bv., hidrokraking) en ammoniakproduksie hoofsaaklik vir die bemestingmark. Waterstof kan vervaardig word deur die elektrolise van water wat beduidend meer kos as die produksie daarvan uit aardgas.[3]
Die mees algemene isotoop van waterstof is protium met 'n enkele proton sonder neutrone. In ioniese verbindings kan dit 'n positiewe lading aanneem ('n katioon gevorm uit 'n ontblote proton) of 'n negatiewe lading ('n anioon, bekend as 'n hidried). Waterstof vorm verbindings met die meeste elemente en is aanwesig in water en die meeste organiese verbindings. Dit speel 'n baie belangrike rol in suurbasis-chemie met baie reaksies wat protone uitruil tussen oplosbare molekules. As die enigste neutrale atoom met 'n analitiese oplossing teenoor die Schrödinger-vergelyking, het die studie van energiekunde en die binding van die waterstofatoom 'n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van kwantummeganika.
Waterstof is ’n bron van kommer in metallurgie: dit verbros baie metale[4] en maak so die ontwerp van pyplyne en stoortenks ingewikkeld.[5] Waterstof is hoogs oplosbaar in baie seldsame aard- en oorgangsmetale[6] en is oplosbaar in beide kristal- en amorfiese metale.[7] Waterstof se oplosbaarheid in metale word beïnvloed deur lokale vervormings of onsuiwerhede in die kristalverband.[8]