Wenera 6 | |||||
Sendingtipe | Venus-atmosfeer wenteltuig | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | Lavochkin | ||||
COSPAR-ID | 1969-002A[1] | ||||
SATCAT-nr. | 3648 | ||||
Sendingstydsduur | Ruimtetuig: 127 dae reistyd Atmosfeer: 51 minute | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 2V (V-69) No.331 | ||||
Vervaardiger | Lavochkin | ||||
Lanseermassa | 1 130 kg[2] | ||||
Droë massa | 410 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 10 Januarie 1969, 05:51:52 UTC[2] | ||||
Vuurpyl | Molnija 8K78M | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 1/5 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 17 Mei 1969 | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Heliosentries | ||||
Periheliumhoogte | 0,71 AE | ||||
Afeliumhoogte | 0,98 AE | ||||
Helling | 2,0° | ||||
Periode | 285 dae | ||||
Verkenning van Venus-atmosfeer | |||||
Betreding van atmosfeer | 17 Mei 1969, 06:05 UTC | ||||
Impakterrein | 5°S 23°O | ||||
| |||||
Wenera 6 (Russies: Венера-6 wat Venus 6 beteken) is 'n Sowjetse ruimtetuig wat deel van hul Wenera-ruimteprogram was. Dit was ontwerp om meer data van die planeet Venus se atmosfeer te verkry. Dit was soortgelyk aan Wenera 4, die ontwerp was egter stewiger. Dit ruimtetuig was gelanseer met 'n Molnija-vuurpyl vanaf die Baikonoer kosmodroom.
Net bokant die atmosfeer van Venus was die sondeerder van 405 kg en wat al die wetenskaplike instrumente bevat het, losgelaat vanaf die satellietbus. Gedurende die tuig se tog na die oppervlakte van Venus is die valskerm ontplooi om sy dalingspoed te verminder. Gedurende die 51 minute op 17 Mei 1969 wat die sondeerder aan die valskerm gehang het, was data van Venus se atmosfeer na die Aarde versend. Die sondeerder het by Venus koördinate 5°S. 23°O. die atmosfeer binnegedring. Die ruimtetuig het ook 'n medaljon met die Wapen van die Sowjetunie daarop aan boord gehad asook 'n basreliëf van Lenin aan die nag kant van Venus.
Na aanleiding van die resulte van Wenera 4 se data, was Wenera 5 en Wenera 6 se sondeerders toegerus met nuwe chemiese ekperimente met die doel om meer akkurate metings van die atmosfeer te kon maak. Wetende dat die atmosfeer baie dig was, was die valskerm ook kleiner gemaak sodat die tuig sy volle botsing diepte kon bereik voordat die krag opraak, soos met Wenera 4 gebeur het.