Wernher von Braun

Wernher von Braun
Wernher von Braun in 1964
Gebore
Wernher Magnus Maximilian, Freiherr von Braun

23 Maart 1912
Sterf16 Junie 1977
NasionaliteitVlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland (1933–1945)
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1945–1977)
BeroepVuurpylingenieur en -ontwerper
EggenootMaria Luise von Quistorp (1947–77)
Kinders3
Ouer(s)Magnus von Braun (vader)
Emmy von Quistorp (moeder)

Wernher Magnus Maximilian von Braun (23 Maart 191216 Junie 1977), een van die wêreld se voorste vuurpyldeskundiges, was die leier van 'n Duitse span geleerdes wat tydens die Tweede Wêreldoorlog die vernietigende Vergeltungswaffe (Duits vir vergeldingswapen), die V-2 ballistiese vuurpyl, by Peenemünde in Duitsland ontwikkel het.

Ná die oorlog is hy deur die Amerikaanse regering gewerf, waar hy 'n blywende impak op die Amerikaanse ruimtevaartprogram gemaak het en onder andere 'n span deskundiges gelei het in die ontwerp en bou van die reusagtige Saturn V-vuurpyl. Hierdie vuurpyl (wat 42 m hoog was en 10 m in deursnee) het in 1969 bygedra tot die sukses van die eerste maanlanding toe Neil Armstrong, Edwin Aldrin en Michael Collins se Apollo 11 vaartuig van 45 702 kg teen 'n snelheid van 10 300 km/h tot op 'n hoogte van 64,4 km bo die aarde die ruimte ingeskiet is.

Von Braun het verskeie toekennings, medaljes en eredoktorsgrade ontvang vir sy bydrae tot die wetenskap en spesifiek die Amerikaanse ruimteprogram, onder andere die Dr. Robert H Goddard Memorial Trophy in 1958, die Distinguished Federal Civilian Service Award van President Eisenhower in 1959, die American Astronautics Award van die Amerikaanse Vuurpylvereniging in 1955, die Gold Medal Award van die Britse Interplanetêre Vereniging in 1961, the NASA-medalje vir Uitstaande Leierskap in 1964, en die Smithsonian Instituut se Langley-medalje in 1967.


Developed by StudentB