Werwelkolom | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
Die werwelkolom van die kant gesien. Nekwerwels Borswerwels Lendewerwels Heiligbeen Stuitjie | ||
Inligting | ||
Latyn | Columna vertebralis | |
Stelsel | Skelet | |
Bevat | Werwels, rugmurg | |
Werking | Beskerm rugmurg Dra gewig Help met beweging Absorbeer skokke | |
Eksterne bronne | ||
MeSH | D013131 | |
Gray's Anatomy | Bl. 96 |
Die menslike werwelkolom of ruggraat (Latyn: columna vertebralis)[1] bestaan uit 33 (of soms 32) werwels, met tussen elke twee werwels ’n tussenwerwelskyf (behalwe tussen die eerste twee nekwerwels, die atlas en die aksis). Dit geld vir 99,9% van mense; in uitsonderlike gevalle kom daar ook ’n onvolledige, agtste nekwerwel of sesde lendewerwel voor. Die werwelkolom vorm die as van die skelet.