Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing

Hier by die Afrikaanse Wikipedia verwys die term oorspronklike navorsing na ongepubliseerde feite, argumente, konsepte, verklarings of teorieë. Die term is ook van toepassing op ongepubliseerde analises of sinteses van gepubliseerde materiaal wat voordeel aan 'n sekere posisie of mening gee.

Wikipedia is nie die regte plek vir oorspronklike navorsing nie. Die aanhaling van bronne en die vermyding van oorspronklike navorsing is nou verwant: die enigste manier om te demonstreer dat u nie besig is om oorspronklike navorsing voor te lê nie, is deur betroubare bronne aan te haal wat inligting weergee wat direk verwant is tot die onderwerp van die artikel. U moet dus ook hou by die inligting wat dié bronne inhou en nie u eie interpretasies weergee nie.

Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing is een van drie inhoudbeleide. Die ander twee is Wikipedia:Neutrale standpunt en Wikipedia:Verifieerbaarheid. Saam bepaal die drie beleide die tipe en kwaliteit van materiaal wat aanvaarbaar is in en as artikels. Die drie beleide komplimenteer mekaar en moet nie in isolasie van mekaar geïnterpreteer word nie. Dit is raadsaam dat bydraers hulself bekend maak met al drie van hierdie beleide.


Developed by StudentB