Wikipedia:Wikiprojek Musikale kunstenaars

In 'n neutedop:
  • Daar word gepoog om 'n eenvormige formaat vir artikels oor musikale kunstenaars vas te stel deur middel van hierdie riglyne.
  • Hierdie stel riglyne is presies dit: riglyne. Innovering kan gerus toegepas word, alhoewel daar na konformering tot die algemene formaat gestreef word.
  • Vir alle artikels wat deur hierdie projek gedek word, sien Kategorie:Wikiprojek Musikale kunstenaars.
  • Om musikale kunstenaars wat nog nie deur hierdie projek gedek word nie by die projek te voeg, plaas die sjabloon {{Musikale kunstenaar-artikel}} op die betrokke artikel se besprekingsbladsy.

Hierdie is die projekbladsy wat oor musikale kunstenaars wat poog om 'n handleiding te verskaf by die skep en uitbrei van artikels wat oor musikale kunstenaars handel, asook om riglyne by die gebruik van sjablone en media in hierdie artikels voor te stel. Die Kategorie:Musiek lys artikels wat onder die onderwerp van musiek val en moontlike andere Wikiprojekte wat hulle met musikale afdelings bemoei.


Developed by StudentB