Wildepou

Poue
Gompou
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Otididae

Genera
Sien teks.

Wildepoue en korhane is groot voëls wat hoofsaaklik met droë, oop lande en steppes van Afrika en Eurasië geassosieer word. Hulle vorm saam die familie Otididae (vroeër bekend as Otidae). Wildepoue is nie familie van die flambojante Asiatiese poue nie.

Hierdie voëls is omnivore en maak hulle neste op die grond. Hulle het stewige, sterk bene en groot tone wat hulle ondersteun terwyl hulle loop en na kos pik. Hulle het lang, breë vlerke.

Die wyfie lê telkens drie tot vyf donker, gespikkelde eiers in 'n gat in die grond en broei hulle alleen uit.


Developed by StudentB