Friedrich Wilhelm Ostwald | |
---|---|
Gebore | 2 September [[[Ou Styl- en Nuwe Styl-datums|O.S.]] 21 Augustus] 1853 Riga, Russiese Ryk |
Sterf | 4 April 1932 (op 78) Großbotheni, Republiek van Weimar |
Werkgebied | Fisiese chemie |
Werkplekke |
|
Alma mater | Keiserlike universiteit van Dorpat |
Doktorale adviseur | Carl Schmidt |
Doktorale studente |
|
Bekend vir |
|
Pryse | Faraday-lesingprys (1904) Nobelprys vir Chemie (1909) |
Friedrich Wilhelm Ostwald (2 September (O.S. 21 Augustus) 1853 - 4 April 1932) was 'n Duitse chemikus en filosoof. Ostwald word erken as een van die grondleggers van die veld van fisiese chemie, saam met Jacobus Henricus van 't Hoff, Walther Nernst en Svante Arrhenius.[1] Hy ontvang die Nobelprys vir Chemie in 1909 "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van katalise en vir sy ondersoeke na die fundamentele beginsels wat chemiese ekwilibria en reaksietempo beheer".[2]
Na sy uittrede uit die akademiese lewe in 1906, raak Ostwald baie betrokke by filosofie, kuns en die politiek. Hy het beduidende bydraes tot elk van hierdie velde gelewer.[3]