Willem Frederik Hermans

Willem Frederik Hermans
W. F. Hermans in 1977
W. F. Hermans in 1977

Geboortenaam Willem Frederik Hermans
Geboorte 1 September 1921
Amsterdam, Nederland
Beroep skrywer
Termyn in amp 1940–1995
Huweliksmaat Emmy Meurs
(1950–95)

Willem Frederik Hermans (1 September 192127 April 1995) is by geleentheid aangewys as Nederland se grootste skrywer van die 20ste eeu. Hy het onder meer die roman Nooit Meer Slaap Nie geskryf, wat vertaal is deur Wium van Zyl.[1]

Na die Tweede Wêreldoorlog het Hermans gepoog om alleenlik van sy skryfwerk te lewe, maar aangesien Nederland nog aan't herstel was na die Duitse besetting, het hy geen geleentheid gehad om homself te onderhou nie. Hy het van 1948 tot 1957 drie belangrike bundels kortverhale gepubliseer. In 1958 het hy 'n lektor in aardrykskunde geword by Groningen-universiteit, welke pos hy gehou het tot sy verhuising na Parys, Frankryk in 1973. In dieselfde jaar (1958) het hy 'n groter verhoor bereik met De donkere kamer van Damokles. In die sewentigerjare het Hermans 'n belangrike rol gespeel in die ontmaskering van Friedrich Weinreb as "Jodeverneuker" tydens die oorlog. Hermans het in 1971 geweier om die P.C. Hooft-prys in ontvangs te neem.

In 1977 het hy die Prijs der Nederlandse Letteren gewen. Dit is die mees luisterryke prys wat aan Nederlandstalige skrywers toegeken kan word en word elke drie jaar om die beurt deur die Nederlandse en Belgiese koningshuise toegeken aan 'n skrywer van die ander land; die Belgiese koning Boudewijn het die prys aan Hermans oorhandig. Hermans word beskou as een van "De Grote Drie", die drie belangrikste skrywers in Nederland gedurende die na-oorlogse tydperk. Die ander twee is Harry Mulisch en Gerard Reve.

  1. Inligting bekom van die stofomslag van die boek. Naledi Uitgewers. 19-03-2019,

Developed by StudentB