Willem die Veroweraar | |
---|---|
Koning van Engeland, Hertog van Normandië | |
Huis | Huis van Normandië |
Titel | Hertog van Normandië |
Regeer | 3 Julie 1035 – 9 September 1087 |
Voorganger | Robert die Duiwel |
Opvolger | Robert Curthose |
Titel | Koning van Engeland |
Regeer | 25 Desember 1066 – 9 September 1087 |
Voorganger | Edgar Adeling (ongekroon) Harold Godwinson |
Opvolger | Willem II |
Eggenote | Matilda van Vlaandere |
Kinders | Robert Curthose, Hertog van Normandië Richard, Hertog van Bernay Willem II van Engeland Adela, Gravin van Blois Hendrik I van Engeland |
Gebore | c. 1027 |
Oorlede | 9 September 1087 |
Vader | Robert die Duiwel |
Moeder | Herleva |
Willem die Veroweraar (* omstreeks 1027 in Falaise; † 9 September 1087 in die klooster Saint-Gervais naby Rouen) was van 1035 tot met sy dood Hertog van Normandië en van 1066 af ook koning van Engeland as Willem I. Tot 1066 was hy bekend as Willem die Baster vanweë sy buite-egtelike afkoms.