William Webb Elllis | |
---|---|
Die enigste portret van William Webb Elllis, circa 1857, uit die Illustrated London News. | |
Gebore | 24 November 1806 |
Sterf | 24 Februarie 1872 (op 65) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | predikant |
Ouer(s) | James Ellis en Ann Webb |
William Webb Ellis (* 24 November 1806 – † 24 Januarie 1872) word dikwels beskou as die vader van Rugby. Die storie oor hoe hy die spel begin het word deur baie in twyfel getrek. Sy naam is nietemin in die verhaal oor die ontstaan van rugby gevestig en is sy naam verewig in die Webb Ellis-beker wat aan die wenners van die Rugbywêreldbeker oorhandig word. Selfs al was Webb Ellis die eerste om die hardloop met die bal in die hand te begin, was dit nie hierdie aksie wat gelei het tot skei van voetbal as 'n sport in twee onderafdelings nie. Daardie skeiding het eers later gebeur toe die stigters van sokker besluit het om die lak van 'n speler deur hom op sy skeen te skop te verbied. Die tradisionele spelers het dit as 'n onmanlike reël beskou.