Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Witseerkeel | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
'n Kind met witseerkeel, wat tipies tot 'n opgeswelde nek lei | ||
ICD-10 | A36 | |
ICD-9 | 032 | |
DiseasesDB | 3122 | |
MedlinePlus | 001608 | |
eMedicine | emerg/138med/459 oph/674 ped/596 | |
MeSH | D004165 | |
Mediese waarskuwing |
Witseerkeel, ook bekend as Difterie, is 'n akute, aansteeklike siekte van veral die boonste lugweë. Dit word veroorsaak deur die organisme Corynebacterium diphtheriae. Daar is 'n entstof teen witseerkeel.
Witseerkeel is 'n ernstige infeksie wat veroorsaak word deur stamme van die bakterie Corynebacterium diphtheriae of soms C. ulcerans[1] of C. pseudotuberculosis.[2] Mense is die enigste bekende natuurlike gasheer vir C. diphtheriae. C. ulcerans en C. pseudotuberculosis is soönoses wat mastitis en limfadenitis by beeste veroorsaak. [2] Die bakteries is Gram-positief.[3] en produseer 'n gifstof. Dit is hierdie gifstof wat kan veroorsaak dat mense baie siek word.