Wolkberg | |
---|---|
Wildegranaat (Burchellia bubalina) groei in die Wolkberg
| |
Ligging | Limpopo, Suid-Afrika |
Hoogte | 2 126 meter bo seevlak |
Reeks | Drakensberge |
Koördinate | 24°3′50″S 30°3′50″O / 24.06389°S 30.06389°O |
Bergtipe | Bosveldstollingskompleks en sandsteen |
Rotsouderdom | Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes |
Die Wolkberg is 'n bergreeks in Limpopo, Suid-Afrika. Dit vorm die noordelike subreeks van die Drakensberg-stelsel. Die bergreeks strek ongeveer 30 km in 'n NW/SO rigting noord van Sekhukhuneland. Die nabygeleë dorpe is Haenertsburg en Tzaneen.