Wu 吳語/吴语 Wúyǔ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Volksrepubliek China Japan Suid-Korea Verenigde State ander Chinese oorsese gemeenskappe | |
Gebied: | Sjanghai, Zhejiang, Jiangsu, Anhui, Jiangxi, Fujian, Hongkong | |
Totale sprekers: | 80 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Sino-Tibettaans Chinees Wu | |
Skrifstelsel: | Chinese karakters | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | zh
| |
ISO 639-2: | chi/zho
| |
ISO 639-3: | wuu/zho
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wu (Vereenvoudigde Chinees: 吴语, Tradisionele Chinees: 吳語, pinyin: Wúyǔ, letterlik: "Wu-taal") is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, Hongkong en deur Chinese oorsese gemeenskappe in Japan, Suid-Korea en die Verenigde State van Amerika gepraat word.
Die taal het sowat 80 miljoen sprekers, veral aan die Yangtzemonding en in Sjanghai, en is daarmee die tweede mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns. Dit word veral in die Oos-Chinese provinsies Zhejiang, Jiangsu, Anhui, Jiangxi en Fujian gepraat.
Soos die ander Chinese tale word Wu met Chinese karakters geskryf.