Wys en klik is die aksie waar 'n rekenaargebruiker die wyser beweeg na 'n spesifieke posisie op die skerm ("wys") en met die muisknoppie of enige ander wystoestel (bv. 'n grafiese tablet, sleutelbord of speelstang) "klik".[1][2]
'n Voorbeeld is in hipermedia, waar gebruikers op hiperskakels klik om van een dokument na 'n ander te gaan.
Fitt se wet kan gebruik word om die tyd te bereken wat nodig is vir 'n wys-en-klik-aksie,
waar:
T die gemiddelde tyd is wat dit neem om die beweging uit te voer.
a die begin/stop-tyd voorstel en b die inherente spoed van die toestel.
D die afstand is van die beginpunt tot die teikenposisie.
W die wydte van die teiken is gemeet aan die as van die beweging.