Yao | |
---|---|
Totale bevolking: | 3 100 000 |
Belangrike bevolkings in: | Volksrepubliek China Viëtnam Laos Thailand |
Taal: | Mienic-tale, Bunu-tale, Pa-Hng-tale, Lakkja-tale, Mandaryn-Chinees, Xiangnan-Chinees, Shaozhou-Chinees, Viëtnamees |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Yao-Daoisme, minderhede van Boeddhisme |
Verwante etniese groepe: |
Die Yao (Chinees: 瑶族) is 'n etniese groep in die Volksrepubliek China wat in die Outonome Gewes Guangxi Zhuang in die suide van die land saamgetrek is. Kleiner groepe woon in die provinsies Hunan, Guangdong, Guizhou en Yunnan. Die Yao is een van 55 etniese minderhede wat amptelik deur die Volksrepubliek China erken word. Met 'n bevolking van 3,1 miljoen is hulle die twaalfde grootste etniese groep in die land.
Die Yao is ook een van 54 etniese minderhede wat amptelik deur die Viëtnam erken word. Met 'n bevolking van 620 000 is hulle die negende grootste etniese groep in Viëtnam.